Kleingroepe

Deo Gloria

Ons DEO GLORIA ,kleingroepie bestaan uit 7 lidmate. Ons is almal in ons “ mooijare”. Bybelstudie is vir ons baie belangrik en ons deel ook in mekaar se lief en leed. Ons is n kleingroep wat prober ondersteun en omgee binne ons kerkverband en dan ook na buite die kerk, in die gemeenskap. Maandae aande kom ons bymekaar waar daar ernstige besprekings, raadgee en luister na mekaar plaasvind wat gewoonlik met n heerlike koppie koffie en varsgebakte melktert of so, afgesluit word. Einde verlede jaar het ons 30 engelse bybels aan n skool geskenk sodat elke klaskamer sy eie bybel kon hê. Verlede kwartaal was ons bevoorreg om n groepie senior burgers by Panoramapark aftreeoord te bederf met heerlike gebraaivleis, krummelpap en tuisgebakte brood ete. Dit was heerlik om saam met hul te kuier. Ons sien uit na ons volgende projekte vir die res van die jaar . Hou ons dop!!

Sondag kleingroep

Die groep bestaan tans uit sewentien lede en kom Sondagaande om 18:00 in die kerksaal bymekaar.Ons is nou besig om die Bybelboek “Handelinge” deur te werk – wat goed inpas by Dr Jan se sendingreispreke.Die vraag: “As die Gereformeerde Kerk Klerksdorp sou ophou bestaan , sal dit ‘n leemte laat?” het by ons opgekom en poog ons dus behalwe om onsself geestelik toe te rus, ook te doen en so ‘n verskil in die gemeenskap te probeer maak.Ons groep het die kerkkoerantjie ‘Dopperdinge” geïnisieer en gee dit vier keer ‘n jaar uit.Ons is op die oomblik baie betrokke by huis Kosmos (wat deel is van die Kersliggie uitreikprogram) van die Rethabile Kinderhuis. Onder andere koop ons groep wol waarmee Irma Ranft se ma en vriendinne skooltruie brei vir die kinders. Ons groep was betrokke by die afsluiting van die “kersliggies “ verlede jaar by die Vaalrivier wat vir die kinders ‘n belewenis was waaroor hulle nie uitgepraat kan raak nie.Op dieselfde wyse as bo genoem het ons in die verlede ongeveer 150 truie vir Alabama Laerskool verskaf wat uitgedeel is aan die mees behoeftige kinders daar. Ons het ook skooltasse, -skoene en skryfbenodighede vir die skool ingesamel en was ook betrokke by ‘n kosprojek vir die skool se kinders. Ons het ook verlede jaar ‘n eenmalige projek geloods deur “seensakkies” aan die Seemansorganisasie te verskaf. Ons het reeds boeke deur Rick Warren, Bill Hybels, verskeie Bybelboeke en selfs ‘n gedeelte van die Heidelbergse Kategismus deurgewerk. Ons beoog om na Handelinge bietjie na die formuliere te kyk .




Dinsdagoggend Kleingroep